Gee Terug My Geld Jou Vark!!!
- Jul 10, 2016
- 2 min read
Ek weet, jy kan nie se hoekom nie. Jy wil nie he enige iemand moet weet van dit. Jy was alleen. Hartseer.
Miskien moet ek op Facebook gaan? Badoo? Wechat? Cupid? soveel plekke waar ek gaan kyk vir iemand om my geselskap te hou.. Ek sal net so een of twee mooi fotos opsit.
n maand later......
Ek wonder hoekom is hy so stil? hy is seker nou skaam omdat hy nie op die vliegtuig kon klim laas week nie. Ek het regtig gehoop hy kom kuier. Sal die pensioen geld wat ek spandeer het op sy vliegtuig kaartjie en visa darem aan die einde van die maand terug kry by hom.
Sjoe, hy moet net daai geld van sy erf porsie los kry, dan gaan ek al my kinders kan help ook. Die banke vat net so lank om dit vry te stel na ek die Finansiering kostes betaal het.
En so gaan dit aan. R100 vir airtime, R100 vir data, R500 vir visas, R8000 vir vlug kaartjies.
So het n baie belangrike mens in my lewe amper R600 0000 verloor. Sy wou nie hoor nie, Sy wou nie luister nie.
Nou, is daar nie meer geld nie, daar is nie meer n man wat elke dag 20 keer bel of sms nie.
Familie kan nie altyd die tipe geselskap wees wat jy opsoek is na nie, maar baie baie mans, is varke. Hul belowe jou die maan en die sterre, maar daar is geen nakoms van die beloftes nie.
Stuur n epos asb - Rapporteer! wysdievarke@gmail.com
Miskien verhoed jy dat dit met iemand anders gebeur, miskien kry jy net n kans om jou gevoelens uit te druk oor die fiasko. Miskien vang ons die varke.
Ek het n paar fotos van haar foon af gekry, rondgesoek en die ware eienaars opgespoor.Stuur asb n pos aan WysDieVarke@gmail.com sodat ons al die lieg stories kan ontbloot














Comments